UV se Louzanne ook studiefiks

Die talentvolle paralimpiese ster en koshuishoof van Huis Akasia, Louzanne Coetzee, het haar vierde kwalifikasie op ’n gradeplegtigheid van die Universiteit van die Vrystaat (UV) verwerf.


Die talentvolle paralimpiese ster en koshuishoof van Huis Akasia, Louzanne Coetzee, het haar vierde kwalifikasie op ’n gradeplegtigheid van die Universiteit van die Vrystaat (UV) verwerf.

Op dié plegtigheid het die atleet wat reeds vir die marathon gekwalifiseer vir die 2024 Paralimpiese Spele in Parys, Frankryk, ’n diploma in sake-administrasie met onderskeiding behaal.

Sy het die diploma op die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe se gradeplegtigheid Woensdag ontvang.

Coetzee het ook ’n BA-graad in geïntegreerde en korporatiewe bemarkingskommunikasie, ’n BA-honeursgraad in dié rigting asook ’n meestersgraad in maatskaplike kohesie en rekonsiliasie behaal.

Dié gesiggestremde atleet is ’n voorbeeld vir vele. Haar optimisme, deursettingsvermoë en ywer om altyd iets nuuts te aan te pak, is ’n inspirasie vir vele. Sy was in 2014 die eerste gesiggestremde verteenwoordiger van die studenteraad en het in 2019 die Kansellier se Alumni-eerbewys van Uitnemendheid ontvang.

Dié gesiggestremde atleet is ’n voorbeeld vir vele. Haar optimisme, deursettingsvermoë en ywer om altyd iets nuuts te aan te pak, is ’n inspirasie vir vele.

Sy was in 2014 die eerste gesiggestremde verteenwoordiger van die studenteraad en het in 2019 die Kansellier se Alumni-eerbewys van Uitnemendheid ontvang.

Coetzee is onlangs as koördineerder van para-sport by KovsieSport aangewys.

Met die ontvangs van die diploma, het Coetzee gesê sy daag haarself voortdurend uit om haar beste te doen. “Die program het baie tyd in beslag geneem en dit het my uitgedaag. Ek moes hierdie diploma eers voltooi voordat ek kan aanbeweeg na my doel om eendag ’n meestersgraad in sakeadministrasie (MBA) te verwerf,” het sy gesê.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.