Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Shimlas is uitgeskakel uit die Varsitybeker-reeks ná ’n oorwinning deur die Univer- siteit van Kaapstad (UK) se Ikeys Maan- dag (10/04) op Shimlapark.
Die rustydtelling was 37 – 7 en daarna het Ikeys voortgestorm vir ’n oorwinning van 65 – 30.
Ikeys sal Maandag (17/04) teen die Noordwes-Universiteit (NWU) se Arende in die eind- stryd van die Varsitybeker speel na die Arende se 19 – 10 oorwinning oor Maties.