Van Suid-Afrika se bestes uit Bloemfontein

Twee Bloemfonteiners is die naweek gekroon as die beste in hul afdeling op Tennis Suid-Afrika (TSA) se junior meesterskampioenskaps­byeenkoms wat op Sondag 20 Oktober in Pretoria ten einde geloop het.

Die tweede gekeurde Donna le Roux, van die Hoër Meisieskool Oranje, het in die o.18-afdeling koning gekraai nadat sy Luise Janse van Rensburg, wat derde gekeur was, met 6-2, 6-0 verslaan het.

In die afdeling vir o.16-seuns het die eerste gekeurde Bogdan Mandic van Grey-kollege (sekondêr) Pavlos Christoforakis met 6-4, 2-6 en 6-2 verslaan.

Lientjie Mentz

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.