Past. Marius Jacobs van die AFM Worship Centre gaan Sondag (28/08) die eerste keer die Comrades-marathon aandurf – en met dié poging wil hy geld vir die Food4Kidz-kosprojek in die stad insamel.
André de Jager van dié welsynsorganisasie sê kos word daagliks in die kombuis by die Bloemskougronde gemaak waarna 140 kinders ’n voedsame maaltyd ontvang. Dinsdae gee Food4Kidz aan 220 kinders kos.
Volgens de Jager issê die projek het 12 jaar gelede begin om voedselnood in Bloemfonteinse skole te verlig. in die stad.
“Ons is geheel afhanklik van skenkings om die kos te maak; die personeel te betaal; gas, elektrisiteit en water te betaal; en petrol in te gooi om daagliks die aflewerings te doen,” sê hy.
“Ons is baie dankbaar vir pogings soos hierdie van Marius om vir ons te help geld insamel.”
De Jager sê sSedert daar met die projek begin is, kon hulle duidelik sien hoe die kinders se prestasie verbeter.
“Ons doen dit uit liefde vir die kinders. Dit bring hoop by kinders wat swaarkry,” sê De Jager.
Benewens voedsame kos, kry die kinders een dag in die week nagereg in die vorm van perskes en vla.
Groepies kinders by die Laerskool en Hoërskool Bloemfontein, die Laerskool en Hoërskool Sand du Plessis en die Laerskool Dr. C.F. Visser kry gebalanseerde etes danksy Food4Kidz.
Jacobs, die stigter van Food4Kidz en voorsitter van die trust, sê hy is onseker, maar baie opgewonde daaroor om Sondag aan die Comrades deel te neem.
“Dit is heeltemal buite my gemaksone. Ek is net opgewonde dat die Here vir my ’n geleentheid gee om buite my comfort zonevoluit te lewe en lig en sout te wees,” sê hy.
“Ek het ’n ooreenkoms met die Here aangegaan – as hy my voete optel, sal ek dit neersit.”
Hy gaan die lang ultramarathon sonder sy oefenmaat aandurf en is daarom nogal bekommerd oor wat voorlê. Die verste wat hy nog gehardloop het, was toe hy vroeër vanjaar die Twee Oseane-ultramarathon in Kaapstad voltooi het.
“Ek is opgewonde om die mondstuk te wees vir honger kinders in Bloemfontein.”
Kry Vir meer besonderhede oor die kosprojek, opbesoek Food4Kidz se Facebook-blad.