Veelsydige jonges wys wie is baas

Jong atlete van oor die Vrystaat heen het op Saterdag 17 Februarie die hitte aangedurf en talle het uitgeblink op die Laerskool Fichardtpark se Prestige-atletiekbyeenkoms wat in die Vrystaat-atletiekstadion aangebied is.


Jong atlete van oor die Vrystaat heen het op Saterdag 17 Februarie die hitte aangedurf en talle het uitgeblink op die Laerskool Fichardtpark se Prestige-atletiekbyeenkoms wat in die Vrystaat-atletiekstadion aangebied is.

Meer as 1 000 atlete van 21 skole het aan die byeenkoms deelgeneem.

Die beste atleet op die byeenkoms, met die meeste punte, was Caleb Josephs van Grey-kollege (primêr). Caleb het ook die eerbewys vir die beste prestasie op die baan gekry. Hy het altesaam 2 414 punte gekry vir sy prestasies.

Caleb het die 80 m-hekkiesnommer vir o.13-seuns in ’n tyd van 11.18 gewen; was tweede in die 200 m-hekkies in 27.29; en het die 100 m in ’n tyd van 12.33 gewen.

Reuben Smith, ook van Grey, was eerste in die 200 m-hekkies.

Wian Botes (Grey) is as beste seunsatleet in die baannommers vereer.

Hy het twee rekords as o.13-seun opgestel. In diskusgooi het hy ’n afstand van 41,48 m gehaal, en in spiesgooi het hy die rekord met byna 9 m verbeter na 47,71 m. Milan Botes van die Laerskool Willem Postma is as die meisiesatleet met die beste prestasie in veld­nommers aangewys. Die o.11-atleet het dít reggekry deur in die gewigstoot ’n afstand van 9,44 m te haal. Chani Brits van die Laer Meisiekool Oranje is aangewys as die beste meisies-baanatleet vir haar oorwinning in die 800 m en 1 500 m vir o.13-meisies. Sy is ook as beste langafstand-atleet in die o.13-ouderdomsgroep vereer. Atlete neem dié naweek aan die Motheo-byeenkoms deel.

You need to be Logged In to leave a comment.