Die 2022-skooljaar is op dreef en menige ouer loop met bekommernis oor wat dié jaar vir hulle en hul kinders inhou.

Volgens Ria Malan, Vrystaat-versorging in Aksie se direkteur vir maatskaplike dienste, is dit ongelukkig ’n werklikheid dat die wêreld vol teëspoed, trauma, bedreigings en stres is.

“Die kans dat jou kind dit gaan vryspring, is minimaal,” sê sy.

“Daarom is dit ouers se verantwoordelikheid om seker te maak dat hul kind weet hoe om die slegte oomblikke die hoof te bied.”

Malan reken veerkragtigheid is noodsaaklik.

“Dit is die vermoë om jou ewewig te herwin nadat iets slegs of traumaties met jou gebeur het. Veerkragtigheid is ’n aangeleerde vermoë; een wat opgebou kan word.

“ ’n Mens staan dikwels verstom as jy sien hoe sommige mense aanhoudend terugslae beleef, maar telkens opstaan en voortgaan.

“Hierdie mense het die kuns van veerkragtigheid bemeester.”

Sy sê die ontwikkeling van ’n veerkragtige persoonlikheid by kinders en tieners is deel van hul emosionele en sosiale ontwikkeling om op ’n gesonde manier by die omgewing aan te pas.

“Kinders moet leer om steeds in moeilike omstandighede op die positiewe te fokus.”

  • Sy reken veerkragtigheid kan aangeleer word deur ’n paar wenke toe te pas.Vestig ’n goeie selfbeeld en eiewaarde. Kinders moet in hul eie vermoëns glo.) Laat kinders toe om besluite te neem, maar bied ondersteuning as sake nie volgens plan verloop nie. Ouers moet die voorbeeld stel en veerkragtigheid uitleef. Waak daarteen om sake uit die kind se hande te neem.) Moedig kinders aan om binne die veiligheid en ondersteuning van die ouerhuis besluite te neem. ’n Gesonde ouer-kind-verhouding vorm die hoeksteen vir die vestiging van veerkragtigheid by die kind.) Motiveer jou kind om op te staan en weer te probeer. Kinders mag foute maak – moet dit nie veroordeel nie. ) Moenie jou kind se verantwoordelikhede dra nie.) Begelei jou kind om oplossings te vind. Elke probleem het ’n oplossing – dikwels meer as een.

You need to be Logged In to leave a comment.