Veerpyltjies tref sekuur in toernooi

Meer as 1 300 veerpyltjiespelers van oor die land heen het verlede week in Bloemfontein saamgetrek vir die nasionale kampioen­skapsbyeenkoms in die binnenshuise sportstadion.


Meer as 1 300 veerpyltjiespelers van oor die land heen het verlede week in Bloemfontein saamgetrek vir die nasionale kampioen­skapsbyeenkoms in die binnenshuise sportstadion.

Amanda Fourie van Vrystaat Veerpyltjies, sê die toernooi het ’n groot geldelike inspuiting vir die sakesektor in die stad gebring.

Die provinsiale Vrystaat- en Mangaung-spanne het soos volg presteer:

  • die Vrystaat-vrouespan was sesde;
  • die Vrystaat-vroueveterane was sesde;
  • die Mangaung-vrouespan was sesde in sy blok;
  • die Vrystaat-manspan was vierde;
  • die Vrystaat-mansveterane was vyfde; en
  • die Mangaung-manspan was vierde in sy blok.

Fourie sê daar was geen juniors in die toernooi nie en hulle sal graag wil sien dat die sport by skole groei.

“Ons doen ’n beroep op skole en ouers om by hierdie sportsoort betrokke te raak.”

Die Mangaung-metro en die Vrystaatse Sportkonfederasie het saamgewerk met die Vrystaat Veerpyltjiegeledere, bestaande uit Peter Peter, (president) Braam Scheepers en Pieter Fourie (tegniese kontroleerder), wat saam met Fourie al die reëlings getref het.

Vir meer besonderhede, kontak Fourie by freestatedarts@gmail.com of per WhatsApp by 083-659-8017.

You need to be Logged In to leave a comment.