Veilings, skenkings hupstoot vir fonds

’n Mooi bedrag van R24 900 is met twee veilings ten bate van Sentraal24 en Volksblad se Kersfonds ingesamel.


’n Mooi bedrag van R24 900 is met twee veilings ten bate van Sentraal24 en Volksblad se Kersfonds ingesamel.

Die eerste veiling wat deur ’n groep vrywilligers onder leiding van Betsie Roux vir vanjaar aangebied is, is op 21 Maart by die Oorlogsmuseum aangebied.

Die tweede was ’n huisveiling van pragtige meubels en versamelbare items wat op 14 April by ’n huis in Heuwelsig aangebied is. Pieter Erasmus van Bainsvlei-afslaers het altwee veilings behartig.

Talle gemeentes het ook oor Desember skenkings aan die fonds gedoen:

NG kerk Allanridge R944,20

NG kerk Cornelia R5 000

NG gemeente Jagersfontein R100

NG gemeente Bloemheuwel R4 810

NG gemeente Bethlehem Efrata R2 588

NG gemeente Hertzogville R1 551,50

NG gemeente Welkom-Wes R1 000

NG gemeente Bethlehem-Oos R5 825,50

NG gemeente Clocolan R3 400

NG gemeente Universitas-rif R200

NG gemeente Verkeerdevlei R3 845

NG gemeente St. Helena R1 350

NG gemeente Edenville R2 091

NG gemeente Harmonie R526,90

NG gemeente Philippolis R1 697

NG gemeente Luckhoff R980

NG gemeente Welkom R100

NG gemeente Marquard R1411

NG gemeente Ventersburg R162

NG gemeente Vrede R7 889

NG gemeente Bethlehem Efrata R2 049

NG gemeente Bethlehem-Oos R656

NG gemeente Tweeling R800

Nog bedankings word binnekort gedoen.

Inbetalings kan gedoen word by die volgende bankbesonderhede: Volksblad-Kersfonds; Nedbank-rekening 102-891-9980; takkode 117-134.

Stuur ’n afskrif van die inbetalingstrokie aan annemarie@engo.co.za.

Onthou ook van die houer by Bloemskou van 27 April tot 6 Mei by die pretpark waar kontant-donasies vir die Sentraal24 en Volksblad se Kersfonds gedoen kan word.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.