Die hoof van die Lettie Fouché- Spesiale Skool, Alexander Jordaan, is op 16 Augustus in die BON-hotel Bloemfontein op die Vrystaatse departement van onderwys se eerbewys-toekenningsgeleentheid erken vir uitnemendheid in leierskap by ’n spesiale skool. Hy is vroeër as die wenner in dié afdeling in die Motheo-distrik aangewys en het met die Vrystaatse verering deurgedring na nasionale vlak, waarvan die wenners in Oktober in Johannesburg aangekondig word. Hier wens sy vrou, Celia, hom geluk met sy mees onlangse prestasie.Foto: Verskaf
Vereer vir uitmuntende leierskap
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.