
Rolf Schäfer en Isabel van Tonder hou ’n wakende oog oor die Hippie-groep se wenpot. Die Karavaanklub van Suid-Afrika se Suid-Vrystaatstreek het Saterdag (21/05) ’n potjiekoskompetisie by Maselspoort aangebied, en ’n paar uithouers het die koue die hele naweek lank in hul woonwaens op die kampeerterrein trotseer. Ander lede van die wenspan was Chris en Gerda Slabber en Ria en Koos Hechter. Foto: Lientjie Mentz

Die heerlikste lemoenpoeding wat die Hippie-span voorgesit het.
Lientjie Mentz

Die Hippie-span was van links Chris en Gerda Slabber, Ria en Koos Hechter en Rolf Schäfer en Isabel van Tonder.

Die Emoji-span se nagereg van sjokolade-mousse in ‘n sjokolade swartpotjie het sommer vorentoe gesmaak.
Lientjie Mentz