Kom vier vandag saam die vyfde verjaardag van Pick n Pay Reizis Square op die hoek van Waverleyweg en Raymond Mhlabastraat in Bloemfontein.
Dié winkel word omring deur talle oulike winkels en restaurante in die Reizis Square-sentrum waar besoekers kan ontspan en inkopies doen nadat hulle kruideniersware by Pick n Pay gekoop het.
Om die groot verjaardag van Pick n Pay Reizis Square te vier, is daar vandag talle spesiale aanbiedings en pret by die winkel.
Die wenner van die Groot 5-kompetisie, word ook vandag bekend gemaak. Klante kon deelgeneem het deur na 16 plekke in Pick n Pay Reizis Square te soek waar ’n nommer 5 opgesit is. Die wenner sal uit die inskrywings getrek word en sal ’n slagskaap ryker wees.
Pick n Pay Reizis Square, wat vyf jaar gelede in November geopen het, het die afgelope vyf jaar bly groei.
Joe Steyn, winkelbestuurder, sê die span van Pick n Pay Reizis Square werk hard om van die winkel ’n sukses te maak.
“Ek kan nie dink hoe ons hierdie afgelope vyf jaar sonder hierdie sterk manne en vroue kon vermag nie,” sê hy oor die mylpaal.
Daar is elke dag vars produkte vanaf die mark, met spesiale aanbiedings op uitsoek-produkte by die ingang.
Gaan loer gerus elke dag by die deli vir varsgebakte brood en lekkernye. Maak jou lewe makliker en laat staan die kospotte in die kas met Pick n Pay se “ete van die dag” by dié afdeling.
David Garrett, assistent-bestuurder, sê die winkel se slaghuis bied vars vleis en veral naweke is dié afdeling gewild waar klante kan kies uit ’n wye verskeidenheid braaivleis met onder meer die populêre Boskampwors wat aangebied word.
Pick n Pay Reizis Square is van die begin af betrokke in die gemeenskap.
Dit sluit die gemeenskapsbiblioteek in wat in 2020 ontstaan het en steeds bedryf word. Klante kan hier boeke skenk en ruil of gratis boeke kry om te lees.
“Met die noodkreet van die Jagersfontein-mynramp twee jaar gelede was ons een van die eerstes wat ’n vragmotor gereel het en vrugte, groente, kos en klere vir die slagoffers geneem het,” sê Steyn.
Die afgelope vier jaar bied Pick n Pay Reizis Square die gewilde Pick ’n Potjie-potjiekoskompetisie in samewerking met BloemNuus en Radio Rosestad aan.
“Daarmee het ons al ’n allemintige bedrag ingesamel waarmee die Laerskool Dr C.F. Visser se skoolfonds aangevul kon word,” sê Steyn.
“Veral in die moeilike tye waardeur almal nou gaan, help ons waar ons kan,” sê Steyn.
Besoek Pick n Pay Reizis Square vir spesiale aanbiedinge om die mylpaal te vier.