Op die baan is dit oorlog, maar langs die rolbaan is daar ’n heerlike kameraadskaplikheid. Vrystaatse lede wat aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se nasionale streke-rolbalkompetisie deelgeneem het, is hier van links maj. Rina Pretorius (Weermagondersteuningsbasis), kapelaan Mario Wentzel (militêre gesondheidseenheid), stafsersant Gustav Ackermann en sers. Bruce Vermeulen (albei van Pantserskool).Foto: Lientjie Mentz


Op die baan is dit oorlog, maar langs die rolbaan is daar ’n heerlike kameraadskaplikheid.

So het maj. Roger Griffin van die Bloemspruit-lugmagbasis en president van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se Rolbalvereniging gesê oor die weermag se nasionale streekskampioenskap wat verlede week by Orangia-rolbalklub plaasgevind het.

Spanne van die leër, lugmag, die militêre gesondheidsdienste van agt streke het teen mekaar meegeding in die kompetisie.

You need to be Logged In to leave a comment.