Die sukses van enige akademiese instelling is daarvan afhanklik dat ? uniforme denkrigting deur al die belanghebbendes gevolg word.

Die afgelope jare was dit die bepalende faktor wat tot die Hoërskool Witteberg se akademiese suksesverhaal bygedra het.

Ons personeel, ouergemeenskap en leerlinge se samewerking lei daartoe dat elke leerling by Witteberg sy of haar potensiaal kan ontsluit.

Ons is almal gewone mense, maar saam slaag ons as skool daarin om met gewone leerlinge buitengewone prestasies te lewer.

Dit is so maklik om net meer druk toe te pas wanneer sukses nagejaag word. Wat egter veel moeiliker is, is om deur die samelewing gemeet en vergelyk te word en steeds op jou eie, unieke metode te bly vertrou.

Ek haal my hoed af vir die personeel van Witteberg wat te midde van baie druk dag ná dag in opregtheid bly fokus op dit wat elke kind kan bereik.

Hul ingesteldheid en werksetiek skep vir leerlinge die geleentheid om uitdagende om­standighede te trotseer en ? hoë akademiese peil te handhaaf.

Hulle huiwer nooit wanneer daar gevra word om die skynbaar onmoontlike te trotseer nie. Ek glo dat talle oud-Wittebergers hiervan sal getuig.

In 2022 gaan ons weer die moeilike pad kies. Die pad wat die grootste deel van die samelewing probeer vermy omdat kortpaaie deesdae oral beskikbaar is.

Hierdie pad vereis harde werk. Die vereis eerlikheid en ? doelgerigte houding teenoor elke dag se take. Hoewel die tempo soms fel gaan wees, is ons ook verseker van God se genade. Dit is immers Hy wat die hellings en hoogtes op ons paaie plaas.

Dit is elke dag ? voorreg om in die oë van ? kind te mag kyk.

Mag elke kind die uitsig aan die einde van die reis met verwondering aanskou en besef dat hulle as kind genoeg is.

You need to be Logged In to leave a comment.