Verpleegkundiges vereer

Thabo Booysen, eenheidsbestuurder van die Life-nierdialisie-eenheid, en Shani van der Westhuizen, geregistreerde verpleegkundige, van Life Rosepark is aangewys as twee van die Life-groep se top-100 verpleegkundiges oor die land heen.


Thabo Booysen, eenheidsbestuurder van die Life-nierdialisie-eenheid, en Shani van der Westhuizen, geregistreerde verpleegkundige, van Life Rosepark is aangewys as twee van die Life-groep se top-100 verpleegkundiges oor die land heen.

Life Rosepark het op Donderdag 12 Mei op Internasionale Verpleegstersdag hulde gebring aan verpleegkundiges by dié hospitaal.

Marle Victor, hoofverpleegkundige beampte van Life Healthcare sê hulle is ongelooflik trots op die opofferings wat verpleegkundiges elke dag maak.

“Hulle het die respek van die hele land gewen vir hul waardevolle bydrae tot mense se versorging tydens die pandemie.”

Victor sê al die verpleegkundiges is moeg.

“Die vlae van Covid-19 wat sedert 2020 beleef is, eis sy tol. Tog kom die verpleegkundiges elke dag werk toe om vir pasiënte te sorg. Bloot dat hulle daar is, gee vir mense hoop.”

Soos elke jaar sedert 2012, wys Life Healthcare sy 100 beste verpleegkundiges van sy 66 instansies oor die land heen aan.

Die 100 verpleegkundiges wat vereer word, word deur hul kollegas gekies vir die gehaltewerk wat hulle verrig en vir die passie waarmee hulle hul taak verrig.

Internasionale Verpleegstersdag bied die geleentheid vir die groep om verpleegkundiges te bedank vir die spesiale versorging deur die deurdagte sorg wat hulle lewer, het Hein Rossouw, Life Rosepark se hospitaalbestuurder op die geleentheid gesê.

“Wees trots daarop om ’n verpleegkundige te wees, want dit vereis vaardigheid en kennis asook uithouvermoë, dapperheid en deursettingsvermoë om ander te dien.” 
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.