
Bloemnuus het boeke van Nalíbali aan die Bloemfontein vroeëontwikkelingsentrum (ECD) in Peetstraat geskenk. Hier kyk Suené Steyn, twee van die kleuters Lilita Mexico (6) en Emihle Finger (6) en skoolhoof Lyndall Leipers na die boeke by die skooltjie.
Lientjie Mentz

Bloemnuus het onlangs ’n pak kinderboeke van Nal’ibali ontvang wat aan twee kleuterskole in Bloemfontein geskenk is. Nal’ibali is ’n nasionale lees-vir-plesier-veldtog wat kinders aanmoedig om in hul moedertaal te lees. Die boeke in Sotho, Afrikaans en Engels is oorhandig aan die Bloemfontein-vroeëkinderontwikkelingsentrum (VKO) in Peetstraat, waar kleuters sommer dadelik weggeval het en van dié mooi boeke begin lees het. Boeke is ook geskenk aan die kleuters by Lebone Village in Bloemspruit (foto). Foto: Lientjie Mentz