In die gees van internasionale Kinderdag op 1 Junie het Wilson Jafta (regs) van Uitsig sowat 500 sagte speelgoed van die publiek ingesamel en aan kinders in hospi­tale oor die stad heen en by ’n skool uitgedeel. Vrydag (02/06) het hy speelgoed afgegee by die Tsepon­g Thuthuzela-sentrum by die Nasionale Hospitaal, waar die hoof van verpleging, suster Ntabiseng Makofane (links), dit in ontvangs geneem het. Hy het ook speelgoed vir kinders geskenk by die kindersaal van dié hospitaal, by die Eersteling-skool in Kelly’s View, en vroeër die week by die Universitas- akademiese hospitaal, die Fauna-kliniek en die Pelonomi-hospitaal. Jafta sê hy gaan speelgoed bly insamel en mense kan skenkings neem na Pick n Pay Showgate, Pick n Pay Fleurdal en die Fichardtpark-biblioteek vir nog ’n ronde oorhandigings wat hy vir oor twee maande beplan. Foto: Lientjie Mentz