Onder die voorraad op 25 September is daar 10 besonderse teelepelstelletjies.


Daar is reeds ’n goeie klomp meubels en versamelbare ware op die lys vir Maandag 25 September se veiling by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke.

Die veiling, aangebied deur vrywilligers ten bate van Sentraal24 en Volksblad se Kersfonds, gaan weer ’n uitstekende geleentheid wees om mooi voorraad te bekom.

Van die voorraad wat reeds aangebied is, sluit in ’n besonderse muntversameling, ’n pragtige rol-lessenaar, rooi en geel koper­ware, spieëlkaste en ander meubels – wat kaste en tafels insluit.

Besigtiging begin om 08:00 in die Oorlogsmuseum, waar almal wat aan die veiling wil deelneem, hulle ook teen R50 kan registreer vir ’n volledige register.

Mense wat nog antieke ware vir die veiling wil inskryf, moet dit voor of op 15 September doen.

Die voorraad moet voor Vrydag 22 September om 14:00 deur die verkopers by die Oorlogsmuseum afgelaai word sodat dit gemerk en uitgepak kan word.

Op die dag van die veiling sal Pieter Erasmus van Bainsvlei-afslaers om 11:00 met die opveil van die voorraad begin. Die veiling behoort omstreeks 15:00 klaar te wees.

Kopers moet die voorraad wat hulle gekoop het, direk ná die veiling oplaai.

Verversings sal die dag te koop wees.

Rig navrae oor voorraad of die veiling self aan Betsie Roux by 082- 413-9275.

You need to be Logged In to leave a comment.