Die bestuur van die Helen de Munnik-suikergilde is van links Sandra Kotze, (ondervoorsitter), Marieta James (sekretaresse), Yolanda Saaiman (voorsitter) en Pru Crossman (tesourier).Foto’s: Lientjie Mentz


Ná ’n stilte weens die talle inperkings wat Covid-19 teweeg gebring het, is die vroue van die Helen de Munnik-suikergilde weer voluit aan die gang.

Die lede het Saterdag (12/02) hul maandelikse vergadering by die Hoërskool Bloemfontein gehou.

Een van die lede Sarie van Ton- der, het op die geleentheid gewys hoe ’n mens pragtige, lewensgetroue hibiskusblomme kan maak.

Al die vroue het ook kolwyntjies gemaak en versier wat op Valentynsdag aan die inwoners en personeel van die Soutpan-bejaardesorgsentrum geskenk is om hulle bietjie te bederf.

Yolanda Saaiman, voorsitter van dié gilde, sê hulle het besluit om die volgende paar maande die te- huis in Soutpan aan te neem om die inwoners op allerlei maniere te bederf. In Desember het hulle die inwoners ook met geskenke verras.

“Ons is nou die enigste gilde van sy soort in die Vrystaat en Noord-Kaap. Enigeen wat graag bak en koekversier asook mense wat wil leer, is welkom om by ons aan te sluit,” sê sy.

Saaiman sê hulle is opgewonde om vanjaar weer aan die suikerkuns-kompetisie op Bloemskou deel te neem. “Daar is nie baie ander geleenthede waarop ons aan kom- petisies kan deelneem nie,” sê sy.

Marlene Schoeman, skrywer van verskeie boeke oor koekversiering, is die spreker op 12 Maart.

Die gilde bied in Julie ’n werksessie aan waar mense geleer gaan word hoe om ’n koek glad te versier. Hulle gaan ook leer om sjokoladeballe vir versiering van koeke te maak asook blomme met botter-versiersel en hoe om die toerusting te gebruik waarmee jy koeke versier.

Rig navrae oor die gilde aan Marieta James by 082-564-7730.

You need to be Logged In to leave a comment.