Verskeie kerke in die suide van Bloemfontein hou saam basaar

Kerke in die suide van Bloemfontein staan weer saam om op Vrydag 2 Augustus saam basaar te hou.


Kerke in die suide van Bloemfontein staan weer saam om op Vrydag 2 Augustus saam basaar te hou.

Sestien kerke in die suide van die stad wat NG kerke, die Hervormde Kerk Bloemfontein-wes, die Volle Evangelie Therapéa, Lede in Christus-kerk, die NG kerk Brandfort-Oos, NG kerk Leeuwberg asook die Gereformeerde kerk Bloemfontein Suidheuwels insluit, gaan verskeie stalletjies beman met ’n reuse-verskeidenheid eetgoed.

Dit sluit alles van kerrie-en-rys, burgers, pap en braaivleis, vetkoek en maalvleis, roosterkoeke, afvalpot en halloumi-kaas tot soetgoed soos melkskommels, pannekoek, melkkos en vele meer in.

Die suide-basaar is die beste plek om vars vleis te koop en daar is ook verwerkte vlakvarkvleis, cabanossi en biltong by die stalletjies.

Benewens alles wat te koop is, is daar ook oulike vermaak.

Dit sluit in trompoppies van die Laerskool Jim Fouché, die Fichie Voetjies, Fichie Vlinders en die Fichies Ritmegroep almal van die Laerskool Fichardtpark en die Bloemfontein Scottish Pipe Band wat om 17:00 optree.

Die basaar begin om 13:00 by die parkie in Altonasingel, Fichardtpark.

You need to be Logged In to leave a comment.