Abrie de Waal (links, Properlet en Pro Renovations) en Nico Gerber (voorsitter van Trots Pellissier) wys na een van die borde by die ingang na Pellissier.Foto: Lientjie Mentz


Trots Pellissier se verwelkomingsborde pryk nou by dié woonbuurt se twee ingange. Dit is in Desember opgerig.

Die Afrikaanse een is by die ingang by die brug vanaf Fichardtpark, en ’n Engelse een in Pellissierrylaan naby die Windmill-casino.

Properlet en Pro Renovations het skenkings gedoen om verf te koop sodat sypaadjies en padstrepe in die woonbuurt geverf kan word en ook gereël dat nuwe borde soos hierdie, asook verkeerstekens, opgerig word. Abrie de Waal van Properlet en Pro Renovations sê daar is die afgelope tyd al meer as R30 000 bestee om Pellissier op te knap.

Nico Gerber, voorsitter van Trots Pellissier, sê hulle gebruik Anchor of Hope om die verkeerseilande in stand te hou, terwyl Trots Pellissier die parkies en openbare ruimtes in die woonbuurt in stand hou.

“Mense moet hulle by ons aansluit. Die lede wat ons nou het, het gehelp dat ons ’n verskil kan maak. Hoe meer lede ons het, hoe meer kan ons vir die woonbuurt doen.”

You need to be Logged In to leave a comment.