Versteekte talent tree na vore

Sy het nooit eens geweet sy kan teken nie; nou maak sy gereed om kuns as matriekvak te neem.


p

Sy het nooit eens daaraan gedink om te teken nie, maar noudat die Martie du Plessis-skool kuns as ’n vak aanbied, sien Caroline Noxolo Paephele kans om dit volgende jaar as matriekvak te neem.

Sy het nooit eens geweet sy kan teken nie; nou maak sy gereed om kuns as matriekvak te neem.

Caroline Noxolo Paephele, ’n gr. 11-leerling aan die Martie du Plessis-skool, skryf baie netjies met haar twee vingers – een aan elke hand. Dit was egter eers verlede jaar toe die skoolhoof, Francois van Heerden, besluit het dat dié skool nou ook kuns as vak gaan aanbied, dat Caroline se kunstalent na vore getree het.

Betsie Lombard, die onderwyser wat nou vir tien gr. 10- en 17 gr. 11-leerlinge kuns aanbied, sê dit is wonderlik om te sien hoe die kinders se talent ontwikkel.

“Die kinders geniet die praktiese element van die vak,” sê Lombard.

“Almal hou egter nie ewe veel van die teorie-gedeelte nie.

“Dit is lekker om te sien hoe hulle die een ná die ander tegniek onder die knie kry en kreatief raak.”

Bradley Taaibosch (gr. 10) en Kabelo Ramolahloane (gr. 11) en met hul kunswerke. Agter hulle is Esmeralda Stapelberg se tekening van wyle Koningin Elizabeth.Foto: Lientjie Mentz

Die kunswerke wat die leerlinge vir die eindeksamen moes skep, is in die skoolsaal uitgestal sodat almal kon deel in dit wat hulle met hul talente kan uitrig.

Caroline hou die meeste daarvan om met pastel te teken.

“Sy is baie onafhanklik en hou nie daarvan as ander mense iets vir haar moet doen soos om die verfkwaste te gaan was nie. Sy verkies pastelle, waarmee sy pragtige kuns skep.”

Lombard sê sy is baie opgewonde dat die leerlinge volgende jaar hul kunswerke vir Bloemskou se kuns-afdeling sal inskryf.

Betsie Lombard met een van Caroline Noxolo Paephele (gr. 11) se kunswerke.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.