Vespa’s wys hul flair op Franse Herfsmark

Pragtig gerestoureerde Vespa’s gaan te sien wees op Saterdag 8 Maart se Franse Herfsmark by Villa Avianto.


Pragtig gerestoureerde Vespa’s gaan te sien wees op Saterdag 8 Maart se Franse Herfsmark by Villa Avianto.

Suretha van Heerden, mede-eienaar van Villa Avianto – waar ’n Franse atmosfeer met musiek, dekor en selfs van die uitstallers se klere geskep word – se Vespa het onlangs ook ’n verjongingskuur ondergaan.

Steve Oosthuizen het ’n groot passie vir die Vespa en restoureer dié bromponies gereeld.

Hy vertel die Vespa is in 1946 deur Piaggio gemaak. Die oorspronklike Vespa’s is gemaak van vliegtuigonderdele van Mussolini se vliegtuie.

Die Vespa is so genoem omdat die handvatsels en klank baie herinner aan die gebrom van ’n perdeby – “vespa” in Italiaans.

Net 11 jaar nadat Piaggio begin het om die Vespa te maak, is ’n miljoen van dié bromponies reeds verkoop; dit het gelei tot ’n groot bromponie-kultuur in Europa en ook in Suid-Afrika in die jare 1950.

Kom loer na die uitstalling van Vespa’s, asook dekor, kos en toiletware, op 8 Maart se Franse Mark.

Ouers kan gerus die kinders en troeteldiere saambring vir die oggend. Daar is ’n springkasteel, ’n balput en ’n glip-en-gly waar oppassers na die kinders omsien. ’n Spesiale ruimte is ook met water en bederfies vir die honde ingerig.

Die Franse vereniging die Alliance Française de Bloemfontein gaan op die mark wees, en markgangers kan kom Frans leer.

Janie Niehause is die musikant wat optree.

Daar is ook stalletjies met spookasem, gourmet-roomys en regte Franse crepes.

Die mark duur van 09:00 tot 15:00 en toegang kos R35.

Rig navrae by 083-329-4872.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.