Vier Paasvrydag met gepekelde vis

Paasnaweek begin vir baie gesinne met Paasvrydag waarop die verhaal van Jesus wat die vis en brood vermeerder het en aan die skare laat uitdeel het, versinnebeeld word met die eet van gepekelde vis en broodjies.


Paasnaweek begin vir baie gesinne met Paasvrydag waarop die verhaal van Jesus wat die vis en brood vermeerder het en aan die skare laat uitdeel het, versinnebeeld word met die eet van gepekelde vis en broodjies.

Lucielle Kreling deel haar heerlike resep vir gepekelde vis wat sy vooraf maak sodat die vis die sous lekker kan intrek. Die vis word saam met Paasbolletjies bedien.

Die resep kan aangepas word vir ’n kleiner gereg.

Vir die vis benodig jy:

2 kg stokvisfilette

sout

peper

visspeserye

12 eiers

2 koppies meel

Pekel

6 groot uie

1½ liter water

10 lourierblare

3 eetlepels peperkorrels

2 eetlepels borrie

3 eetlepels koljander, korrels

2 teelepels fyn dhanya-poeier

3 eetlepels packo masala

½ koppie olie

1 koppie wit asyn

1½ koppies suiker

4 eetlepels mielieblom (Maizena)

2 teelepels sout

Maak so

Strooi sout en peper en visspeserye oor die vis, doop dit in meel en dan die eiermengsel en bak dan in die olie tot bruin en gaar.

Sny die uie vir die pekel in ringe en kook tot deursigtig en sag. Water af en gebruik weer 1½ liter koue water

en bring tot kookpunt.

Voeg die loerierblare, peperkorrels, borrie, koljander korrels, dhanya-poeier, masala, olie, wit asyn, suiker en sout saam.

Kook vir omtrent ¾ uur op ’n stadige hitte totdat die speserye goed deurgekook het.

Meng die mielieblom in ’n ¾ koppie water en voeg dit by jou pekelsous. Kook vir 10 minute.

Gooi die pekel oor die vis en laat staan verkieslik vir twee dae voordat dit geëet word. 
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.