Virtuele Cityrun nou vir almal

Oefengeesdriftiges van oor die land heen kan voortaan aan ‘n virtuele wedloop deelneem.


Cityrun

Talle Cityrunners het Saterdag ’n 5 km-wedloop afgelê. In Harry Smithstraat is, van links, Karlien Lamley, Marelize Pretorius en Eddie Lamley.

Oefengeesdriftiges van oor die land heen kan voortaan aan ‘n virtuele wedloop deelneem.

Volgens Leon Engelbrecht van die Naval Hill Cityrun in Bloemfontein het hulle besluit om nou elke Saterdag ‘n virtuele Cirtyrun te hou waaraan hardlopers en stappers kan deelneem. Op die eerste wedren wat Saterdag gehou is, het 142 mense deelgeneem. Deelnemers van so ver soos Bellville in Kaapstad en Pretoria het saam met die Bloemfonteiners gesweet.

Engelbrecht sê die wedloop gaan nou in dié formaat aangebied word totdat byeenkomste weer toegelaat word.

“Ons wil dit die grootste virtuele wedloop in die wêreld maak,” sê hy.

Die voordeel daarvan is dat dit nie net tot Bloemfontein beperk is nie, maar dat mense van oor die wêreld heen hulle kan registreer en hul 5km kan aflê.

“Die voordeel daarvan is dat dit nie net tot Bloemfontein beperk is nie, maar dat mense van oor die wêreld heen hulle kan registreer en hul 5km kan aflê.”

Hy sê talle borge het by dié idee ingekoop, en Standard Bank borg die tydhoustelsel wat Cityrun gebruik.

Om aan die virtuele Cityrun deel te neem, moet mense op ’n Saterdag tussen 06:00 en 09:00 ’n 5km-wedloop voltooi en hul eie tyd neem.

Deelnemers moet dan voor 11:00 ’n WhatsApp-boodskap met bewys van hul wedloop en tyd na 066-494-8666 of 060-661-5790 stuur.

Die Cityrun-bestuurspan sal die tye in ’n verslag saamvat en aan deelnemers stuur.

Die hele idee is om hardlopers en stappers die geleentheid te gee om aan ’n gekoördineerde wedloop deel te neem,

“Die hele idee is om hardlopers en stappers die geleentheid te gee om aan ’n gekoördineerde wedloop deel te neem,” sê Jan van der Merwe, woordvoerder vir die Naval Hill Cityrun.

Dié wedloop was die eerste van sy soort in die inperkingstyd en ’n lekker manier vir deelnemers om weer hul gereelde gratis wedloop op ’n Saterdag­oggend te doen.

Karlien Lamley en haar man, Eddie, het Saterdag deelgeneem.

“Ons het dit vreeslik geniet en gaan beslis voortaan so deelneem.”

Sy sê hulle het 10km deur Dan Pienaar en Bayswater gehardloop, maar op die 5km-merk gestop om hul tyd te neem en deur te stuur.

Yolanda van Vuuren, die vinnigste hardloper in die eerste virtuele Cityrun, het haar 5km-roete in 22:06 voltooi. Kort op haar hakke was Marco Rozenboom (24:39), die vinnigste man.

Enigeen wat wil inskakel, kan hulle aanlyn registreer by https://cityrunnavalhill.wixsite.com/website

Engelbrecht sê die bestuur is opgewonde dat die eerste byeenkoms so goed afgeloop het en glo komende Saterdae sal dié wedloop in gewildheid toeneem.

Rig navrae aan Engelbrecht by 082 920 4639.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.