Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n vlak 2-waarskuwing vir die Mangaung-metro uitgestuur met moontlike erge donderstorms en hewige reën vandag 2 Desember.

Inwoners en motoriste word gemaan om waaksaam te wees en die nodige voorsorg te tref wanneer hulle op die paaie in die stad ry.

Die voorspellings is vir erge donderstroms oor groot dele van Noordwes en die Vrystaat.

Wees waaksaam:

  • Wanneer jy op die paaie ry en verminder spoed;
  • Parkeer jou voertuig waar moontlik onder ‘n afdak om die moontlikheid van haelskade te voorkom;
  • Wees op die uitkyk vir voorwerpe wat deur stormwinde rondgeslinger word en beserings kan veroorsaak of bome en takke wat in strate beland;
  • Moenie onder bome en hoë strukture skuil tydens ‘n donderstorm nie;
  • Voetgangers moet ekstra versigtig wees wanneer hulle strate oorsteek;
  • Vermy dit om oor laagwaterbrûe te ry wat onder water is of deur water te ry wat dieper as enkelhoogte is.

Die Mangaung-metro se brandweerafdeling kan in ‘n noodgeval gekontak word by 051 406 6666 of 051 409 9600.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article