Kom geniet ’n dag van braaivleis, rugby en lekker Suid-Afrikaanse musiek op Be Human se Castle Lager Braaidag.
Die hekke open op Saterdag 23 September om 12:00, met van die land se top-vermaaklikheidskunstenaars wat gaan optree.
Die rugbytoets tussen Suid-Afrika en Ierland word om 21:00 op ’n groot skerm vertoon. Gaste kan dus die hele middag hier kuier en die aand rugby saam met vriende en familie geniet.
Die eerste optrede vir die dag is om 14:05 deur die sanger Bobby van Jaarsveld. Om 15:45 sal Juan Boucher die gehoor vermaak, en om 17:30 is dit die beurt van Dr Victor en die Rasta Rebels.
Karen Zoid is van 19:00 tot 20:30, net voordat die rugby begin, op die verhoog.
Kaartjies net vir die saamkuier is teen R395 beskikbaar, of koop ’n kaartjie wat ook ’n braaipak vir R535 insluit. In een braaipak is 200 g beeslendeskyf, 160 g hoenderboudjies, 80 g varkvlegsel, 150 g boerewors en ’n braaibroodjie.
Kaartjies vir kinders 12 jaar en jonger kos R190, en met ’n braaipak kos dit R255. In die kinders se braaipak is 150 g boerewors, 160 g hoenderboudjies en ’n broodrolletjie.
Kinders jonger as vyf jaar betaal net R25.
Kaartjies is nou verkrygbaar op computicket.com.
Bloemnuus is die gedruktemediaborg vir die Be Human-braaidag 2023.