Op ’n spesiale byeenkoms by die Vrouemonument Sondag (28/05) is 350 Voortrekkers van Bloemfontein en Riebeeckstad ingelyf. Dit het van gr. R-leerlinge tot staatmakers en offisiere ingesluit. Sowat 1 000 Voortrekkers en hul ouers en familie het die geleentheid bygewoon waarop kranse ook op die grafte by die monument, en proteas by die gedenktekens vir die vroue en kinders wat tydens die Anglo-Boereoorlog (ABO) in konsentrasiekampe gesterf het, gelê is. Dit val saam met die 120ste herdenking van die einde van die oorlog.Foto: Lientjie Mentz