Voortrekkers rol hul moue op

Voortrekkers van die Brandkop- en President Brand-Voortrekkerkommando het Saterdag die terreine van die Bron van Herinnering en die Bloemfonteinse konsentrasiekamp in die stad skoongemaak.


Voortrekkers van die Brandkop- en President Brand-Voortrekkerkommando het Saterdag die terreine van die Bron van Herinnering en die Bloemfonteinse konsentrasiekamp in die stad skoongemaak.

Dit is gedoen as deel van die groep Voortrekkers van onderskeidelik die Hoërskool Fichardtpark en die Laerskool Pres. Brand se Erfenisbewaringsprojek.

Die Voortekkers gaan ook aan die Erfenisbewaring-spesialisasiekenteken werk.

Almal het gehelp met die skoonmaak van die monument en terrein, die snoei en saag van bome en die uittrek van onkruid.

Aan die einde van die dag het die Voortrekkers en hul offisiere twee bakkievragte en een stortbak (“skip”) vol takke en tuinvullis weggery.

You need to be Logged In to leave a comment.