Na aanleiding van die berig “Hoë rekenings laat getroue betalers aan hul water stik” in BloemNuus op 27 Maart net die volgende:

Hierdie aksie deur die munisipaliteit is

ooglopend daarop gerig om agterstallige rekenings op datum te kry, wat ook sy kontantvloei sal verbeter. In beginsel het ek geen probleem daarmee nie, mits dit geregverdig is en binne die wet aangespreek word.

Wat ek egter nie kan kleinkry nie, is waarom ek drie jaar moes wag vir ‘n nuwe watermeter.

My voorafbetaalde watermeter het sowat drie jaar gelede probleme begin gee en is aangemeld. Amptenare van die munisipaliteit het die meter kom uithaal, die pype aan mekaar gekoppel en sodoende het ek water.

Ek het ‘n brief ontvang, wat bevestig dat die munisipaliteit in die proses is om ‘n nuwe verskaffer aan te stel wat dan die nuwe meter sal kom insit. Soos genoem gaan dit nou vir drie jaar aan wat ek geensins vir water betaal nie.

Ek het al oral probeer om hulle sover te kry om dit te kom regstel, maar sonder sukses.

Het name, eposse, boodskappe van munisipale amptenare, politieke partye ens maar geen sukses.

Het ook mettertyd besef dat daar letterlik duisende ander mense is wat dieselfde pro-

bleem het.

Hoewel ek glo ons sal wel aan die einde van die dag ‘n rekening kry vir watergebruik, gaan dit my verstand te bowe dat die munisipaliteit nie hierdie saak kan prioritiseer om sodoende sy maandelikse kontantvloei te verbeter of te normaliseer nie.

You need to be Logged In to leave a comment.