Vrae oor Vereeniging-brug wat steeds gesluit is

Terwyl die vullis langs die Ferreira-pad onder die N1 en by die Rooidam bly ophoop omdat mense ’n lang ompad na die suidelike stortingsterrein moet ry, swyg die Mangaung-metro oor wanneer die Vereenigingrylaan-verlengpad oor die brug vir padgebruikers oopgestel gaan word.


Terwyl die vullis langs die Ferreira-pad onder die N1 en by die Rooidam bly ophoop omdat mense ’n lang ompad na die suidelike stortingsterrein moet ry, swyg die Mangaung-metro oor wanneer die Vereenigingrylaan-verlengpad oor die brug vir padgebruikers oopgestel gaan word.

David Mc Kay, DA-raadslid van wyk 18, waarin die brug geleë is, sê die pad wat Vereenigingrylaan met Hamilton verbind, is sowat 95% klaar. Dit wil voorkom of daar slegs padtekens en enkele randstene kort.

“Daar is egter nou groot klippe op die nuwe teerpad, en ’n mens is bekommerd dat daar klaar agteruitgang is, nog voordat die pad geopen het,” sê Mc Kay.

Volgens hom het die waarnemende stadsbestuurder, Tebogo Motlashuping, reeds middel September vir hom gesê dat nuwe kontrakteurs aangestel is om die laaste werk aan die pad te doen en dat die pad voor einde September oopgestel sou word. Daarvan het dadels gekom, en sedertdien was daar nog geen teken van ’n kontrakteur op dié deel van die pad aan die Hamilton-kant van die brug nie.

Duidelik word daar nou hard gewerk aan die verlengpad wat uit die nuwe pad na die suidelike stortingsterrein afdraai. Dinsdag (11/10) het kontrakteurs se vragmotors heen en weer oor die nuwe brug gery terwyl werk aan dié pad gedoen is.

“Indien die metro wag om die Hamilton-deel van die pad oop te stel totdat die deel na die stortingsterrein klaar is, moet hulle die publiek daarvan inlig. Niemand kan verstaan waarom die byna-klaar pad nie oopgestel word nie,” sê Mc Kay.

Selfs al sou inwoners nie nou reeds via die nuwe pad by die stortingsterrein kon uitkom nie, sou hulle dan ten minste via Oliver Tamboweg daarheen kon ry.

“Die brug en pad is met staatstoelae gebou en daar is dus geen verskoning oor hoekom hulle nie betaal is nie.”
Mc Kay sê die DA gaan hom ook tot die openbare beskermer wend om ondersoek in te stel oor waarom die kontrakteur wat die oorspronklike werk aan dié pad gedoen het, nie ten volle betaal is nie.

“Die brug en pad is met staatstoelae gebou en daar is dus geen verskoning oor hoekom hulle nie betaal is nie.”

Intussen is daar ook baie vrae oor die swak werk van kontrakteurs op teerpaaie in hoewes in die metro.

Mc Kay sê die kontrakteur wat R1,2 miljoen ontvang het om die provinsiale pad in Kellysview reg te maak, het in ses maande net 800 m gevorder.

Hy sê al wat van dié werk sigbaar is, is twee ‘grafte’ waar die pad diep stroke teer kort.

“In teenstelling daamee, het inwoners van Kwaggafontein sowat R17 000 ingesamel waarmee hulle sowat 80 slaggate gevul het.”

Hy sê boere by Geluksdam het ook op die Jagersfontein-pad 20 km buite die stad sowat 400 slaggate gevul.

“Daar is ook vir die 25 km van die Abrahamskraal, waar ook sowat 400 slaggate gevul is, R3 miljoen opgedok.

) Bloemnuus het navrae oor die brug aan die metro se kommunikasiebestuurder, Qondile Khedama, asook Motlashuping, gerig, maar hulle het nie betyds vir dié uitgawe geantwoord nie. 
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.