Die Drakensbergse Seunskoor saam met gewilde sanger Ruan Josh is op 4 November die gaskunstenaars op die jaarlikse Carols with the Stars.
Die geleentheid op die sportveld van die Laerskool Willem Postma word deur Pick n Pay Preller Walk en Pick n Pay Reizis Square moontlik gemaak, en word in samewerking met Bloemnuus, Radio Rosestad en Willem Postma aangebied.
Soos elke jaar is bywoning gratis, met lede van die gehoor wat gevra word om blikkieskos en niebederfbare kos te skenk.
Alles wat tydens die geleentheid ingesamel word, word aan liefdadigheidsorganisasies geskenk.
Lede van die publiek kan hulle inskryf om ’n kans te staan om ’n splinternuwe Renault Kwid te wen. Inskrywings kan by die twee Pick n Pay-winkels gedoen word deur inkopies daar te doen, dan die deelnemer se naam en van, ID-nommer en selfoonnommer agterop die strokie te skryf en dit in die houer by die Kwid voor die winkel te gooi.
Twee wenners sal die aand ná die musiekvertoning aangekondig word.
Vyf finaliste uit elke winkel se houer, sal getrek word en ’n sleutel ontvang. Die twee wenners is die finaliste wie se sleutels die motor oopsluit.
Die seunskoor sal die aand om 18:00 met sang open.