Vrou (75) in Bayswater vermoor

Die Bayswater-polisie ondersoek ‘n moord nadat die lyk van Barbara Coetzee Woensdagoggend in haar huis in Monsstraat gevind is.


Die Bayswater-polisie ondersoek ‘n moord nadat die lyk van Barbara Coetzee (75) Woensdag omstreeks 09:00 in haar huis in Monsstraat, Bayswater, gevind is.

Werkers van ‘n tuindienste-onderneming wat ‘n stoorplek agter haar huis het, het gister by haar huis aangekom waar die voertuig met hul toerusting is. Volgens die werkers was die hek nie soos gewoonlik oop nie en een van hulle het oor die heining gespring. Hy het deur ‘n venster gesien dat Coetzee op die vloer in haar huis lê en nooddienste is ontbied.

Noodpersoneel het haar op die toneel dood verklaar.

Pieter du Plessis, woordvoerder vir VRMed, sê die noodpersoneel het gou besef dat dit geen gewone mediese noodgeval is nie en die polisie is ontbied om die verdagte omstandighede van haar dood te ondersoek.

Polisielede was gou op die toneel om die omstandighede rondom Coetzee se dood te probeer bepaal. ‘n Saak van moord is by die Bayswater-polisie oopgemaak.

Die polisie versoek dat enige lid van die publiek wat kan help met inligting rondom die ondersoek na die dood van Coetzee, kapt. David Ramasoala by 082-468-1624 bel.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.