Die vermoorde Betsie Kruger.Foto: Verskaf


’n Vrou en haar kêrel is in hegtenis geneem op klagte van die driedubbele moord op die kleuterskoolonderwyser, Betsie Kruger (66) haar seun Christo Theron (36) en sy vrou, Janine (35), in ’n huis in Wilgehof in Bloemfontein in Junie 2023.

Die Vrystaatse Provinsiale Polisiekommissaris lt. genl. Baile Motsweyane het die toewyding van die Mangaung-metro se Trio-taakmag geloof met die deurbraak in die driedubbele moordsaak.

Die twee verdagtes van onderskeidelik 23 en 28 jaar oud, sal na verwagting Maandag 2 September in die hof verskyn op aanklagte van moord en die vrou vir die oortreding van die Immigrasiewet.

Die lyke van Kruger en die Theron-egpaar is op 29 Junie om 08:50 in Kruger se huis by die Byenes-dagsorgsentrum in Van Heerdenweg 2 gevind.

Wyle Betsie Kruger (voor) by Janine (links) en Christo Theron. Foto: Verskaf

Ná maande se intensiewe ondersoekwerk kon lede van die polisie vanoggend die vrou en haar kêrel wat verdagtes in die moordsaak is, in JB Mafora naby Rocklands in hegtenis geneem.

Motswenyane sê die harde werk, toewyding en professionaliteit van die ondersoekspan het gelei tot die inhegtenisneming van die twee verdagtes in die gruwelike misdaad.

“Ná maande waarop inligting opgevolg is om konkrete bewyse voorberei is en eindelose werk sal daar nie nou net troos vir die familie gebring kan word nie, maar dit versterk die vertroue wat gemeenskap in die polisie moet hê,” sê sy.

You need to be Logged In to leave a comment.