Vrou in huis aangeval

’n Inwoner van Ehrlich­park in Bloemfontein is Vrydagoggend met ’n panga aangeval.


’n Inwoner van Ehrlich­park in Bloemfontein is Vrydagoggend met ’n panga aangeval.

Kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, sê Elsa van der Walt (55) is op 9 Februarie omstreeks 03:00 in haar huis deur ’n man met ’n klapmus oorval. Sy is erge wonde met ’n panga toegedien.

“Volgens mense wat in die omgewing woon, het drie mans ná die aanval van die toneel gevlug.”

Van der Walt se man het glo wakker geword toe die honde blaf en is na buite.

“Sy vrou het om hulp geskree en hy is weer na binne waar hy afgekom het op iemand wat haar aanval. ’n Worsteling het ontstaan, en die aanvaller is met ’n baksteen oor die kop geslaan.

“Die vrou het ernstige wonde aan haar hele lyf opgedoen en is hospitaal toe gebring,” sê Earle.

Niemand is in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord.

Marita Herselman

You need to be Logged In to leave a comment.