Vroue kan saamkuier

Die akteur Hykie Berg, wie se boek Geroep vir meer: Om suksesvol te lewe pas verskyn het, is die gasspreker op OVK se LiefPlatteland-vrouedag, wat op Saterdag 2 November in Bloemfontein aangebied word.


Die akteur Hykie Berg, wie se boek Geroep vir meer: Om suksesvol te lewe pas verskyn het, is die gasspreker op OVK se LiefPlatteland-vrouedag, wat op Saterdag 2 November in Bloemfontein aangebied word.

Die vrouedag is gebore uit die gedagte om liefde vir en bewusmaking oor die platteland te stimuleer, maar ’n lekker saamkuieroggend vir vroue word terselfdertyd geskep.

Christel Basson van OVK en LiefPlatteland sê die lewe is nie altyd maklik nie.

“Daarom bring ons Hykie na die Vrystaat toe om hoop te bring. Hy het al baie moeilike dinge in sy lewe beleef. Hy het nie gaan lê nie en is nou meer suksesvol as ooit tevore. Hy kom om ons moed te gee, en natuurlik sal sy nuwe boek hier beskikbaar wees.”

Mario Lategan en Thabo Hlongwane gaan die oggend met sang opvrolik. Standard Bank, wat die benamingsreg borg, en Engen is die borge vir die geleentheid. Sentraal24 is die mediaborg.

Engen bring ’n barista sodat vroue koffie kan drink, asook geskenke vir elkeen en bederf vir die manne om saam huis toe te neem. Gelukstrekkings sal gehou word, en daar gaan ook uitstallers wees.

LiefPlatteland se vrouedag begin om 09:00 by Leopards & Lace.

Kaartjies kos R150 en is by OVK se kantoor beskikbaar. Bespreek bywoning deur 051-923-4500 te skakel.

  • Een leser staan die kans om Hykie se nuutste boek te wen. Besoek BloemNuus se Facebook-blad om meer inligting te kry oor die kompetisie, asook hoe om jou daarvoor in te skryf.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.