Bloemfonteinse sanger Cézanne Yzelle gaan die musiekbegeleiding doen ten tyde van die kongres vir vroue wat op 11 en 12 Maart by die AGS kerk Siloam aangebied word.
Die sendeling en skrywer Charmaine Grundelingh is die spreker. Deirdré van Wyk, wat die kongres reël, sê die hart van die kongres is om vroue te bemagtig, asook om hulle te lei om van die Here openbaring te kry dat Hy elke vrou geroep het om ’n spesifieke doel te bereik.
Bywoning kos R200. Registrasie begin 11 Maart om 18:00. Die kongres duur Saterdag voort, van 09:00 tot 17:00.
Rig navrae aan Van Wyk by 083-561-6611.