Die hoë aantal verkragtingsgevalle in die Vrystaat die afgelope kwartaal dui op ernstige tekortkominge in die beskerming van vroue in dié provinsie.

Luidens die misdaadstatistieke-verslag wat Senzo Mchunu, minister van polisie, op Maandag 25 November bekend gemaak het, het die Vrystaat die meeste voorvalle van verkragting in die land aangeteken, met 24 uit elke 100 000 vroue wat slagoffers is van dié misdaad.

Seksuele aanranding het volgens die statistieke in dieselfde tydperk met 32,7% toegeneem.

Armand Cloete, lid van die provinsiale wetgewer van die VF Plus, sê die verslag wys dat dwelmverwante misdade in die Vrystaat met 16,2% toegeneem het, en die aanmelding van rooftogte by die Parkweg-polisiekantoor met 3,8% gestyg het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article