Van die gaste op Saterdag se geselligheid is van links Elzarie Fourie, Anita Breedt, Rónel Martens, Marzanne Slabbert (aanbieder), Tabita Rodrigues en Lorna Dell.


’n Groep vroue het Saterdag (11/03) ’n oggend van kuns, samesyn en gebed geniet in die tuin van die De Witt-gastehuis in Bayswater.

Marzanne Slabbert sê dié byeenkomste word elke maand aangebied, en mense word genooi om te kom skilder of skets.

“Elke maand se tema is anders. Vandeesmaand se tema was ‘Growing GR-Atitude’,” verduidelik sy.

“Ons skilder elkeen iets wat dié tema uitbeeld.”

Sy sê dit is terapeutiese kunssessies, waardeur mense drie uur lank kan ontspan en hul kreatiwiteit uitleef.

Rig navrae aan Marzanne oor die volgende Art in the Garden-oggend­sessie deur 079-976-1344 te skakel.

You need to be Logged In to leave a comment.