Nuwe premier vandag aangewys

Daar is talle vrae oor wie Dinsdag (28/02) die provinsiale toespraak (Sopa) gaan lewer nadat Sisi Ntombela na wat verneem word bedank het as premier van die Vrystaat.


Daar is talle vrae oor wie Dinsdag (28/02) die provinsiale toespraak (Sopa) gaan lewer nadat Sisi Ntombela na wat verneem word bedank het as premier van die Vrystaat.

Dr. Roy Jankielsohn, die Vrystaatse DA-leier sê die bedanking van Ntombela skep ’n leierskapkrisis in die provinsie.

Haar bedanking volg op die verkiesing van Mxolisi Dukwana as voorsitter van die Vrystaatse ANC verlede maand tydens die Vrystaatse ANC-kongres wat in Bloemfontein gehou is.

Tydens ’n nuuskonferensie Dinsdag het Life Mokone, woordvoerder van die Vrystaatse wetgewer, nie bekend gemaak wie die provinsiale toespraak gaan lewer nie. Hy het wel gesê dat die toespraak Dinsdag soos beplan voortgaan.

’n Uitnodiging is ook Dinsdag vanuit die premier se kantoor aan die media gestuur waarin die Ntombela sou praat oor haar toekoms. Dié konferensie is kort daarna gekanselleer.

Jankielsohn sê sedert Ntombela in 2019 as premier aangestel is, het dinge net bly versleg en verduur Vrystaters die gevolge van swak ANC-bestuur.

Terwyl die ANC voortgaan met sy faksiegevegte in die provinsie, verswak dienslewering en die ekonomie onder die bykomende las van beurtkrag

In ander skuiwe het die ANC se Provinsiale Uitvoerende Komitee besluit dat die Mangaung-metro se burgemeester, speaker en adjunk-burgemeester ook vervang gaan word. 

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.