Sarah Ghabrial in aksie teen Berné Beukes op die kampioenskapsbyeenkoms. Foto: Verskaf


Ses skermers van die Vrystaatse Amateur-skermklub (Vask) het op 25 en 26 Junie aan die Suid-Afrikaanse junior kampioenskapsbyeenkoms in Polokwane deelgeneem. Twee skermers het goed gevaar en verskeie medaljes ontvang.

Berné Beukes het goud gewen in o.17-degen, silwer in o.20-degen en ’n bronsmedalje elk in o.17- en o.20-floret. Miguel Ribeiro het goud gewen in o.20-sabel en silwer in o.17-sabel.

Rig navrae by Jurgen Schröder 081-409-4780.

You need to be Logged In to leave a comment.