Die bestes in die provinsie is Donderdagaand vir die eerste keer in drie jaar by die Vrystaat Sport Sterre vereer.
Die gala dinee, aangebied deur Sentraal 24 en die Universiteit van die Vrystaat, is vir die eerste keer sedert 2019 by Monte Bello in Bloemfontein aangebied.
Die toekennings is weens Covid-19 nie in 2020 en 2021 aangebied nie.
Die Springbok-rugbyspeler Frans Steyn was die groot wenner en as Sportster van die Jaar gekroon. Steyn is ook as die Sportman van die Jaar aangewys.
Khanyisa Chawane, Protea-netbalspeler is as Sportvrou van die Jaar aangewys en nog 'n netbalspeler het swier aan die geleentheid verleen. Vanes-Mari du Toit, oud-Protea-netbalspeler en bekende telvisie-aanbieder was die gasspreker.
Vrystaatse sportsterre vereer
Share this post:

Mlungisi Louw
Share this post:
Related Articles
Leave a comment
You need to be Logged In to leave a comment.