Die Vrystaat-o.16-Bokkieweekrugbyspan juig ná sy oorwinning in die toernooi terwyl Nico Barnard, nasionale o.16-keurder, toekyk.Foto: Verskaf


Talle Vrystaatse Bokkieweek-spanne het uitgeblink in vanjaar se toernooi, wat van 3 tot 7 Julie in Kroonstad aangebied is.

Die o.16-rugbyspan het as wenner die beker omhoog gehou, terwyl die o.13-span die naaswenner was en die o.19-span derde – en beloon is as span wat die aanskoulikste rugby op die toernooi gespeel het.

Die o.14-meisieshokkiespan van die Vrystaat was vyfde in die toernooi, maar het verskeie topspelers opgelewer.

Mikayla du Toit van die Hoërskool Fichardtpark is as nasionale speler aangewys.

Mianke van Rensburg van die Hoër Meisieskool Oranje is aangewys as die Vrystaat-unie se speler van die toernooi en Lomé Nel van die Laerskool President Brand is aangewys as die beste speler op die aanval in die toernooi.

Die o.19-seunshokkiespan van die Vrystaat het ook goud verower.

Altesaam 2 848 netbal-, hokkie- en rugbyspelers van 15 verskillende unies van oor die land heen het deelgeneem aan die Bokkieweek, wat op die terrein van North High School en die Hoërskool Trio beslis is.

You need to be Logged In to leave a comment.