Vrystaatse dansers vertrek vandag na Pole vir disko-danskompetisie. Foto: Verskaf

Vrystaatse dansers wat in die Protea-diskodansspan ingesluit is om van 19 tot 22 Junie in die Internasionale Dansorganisasie (IDO) se disko-wêreldkampioenskap mee te ding is van links, voor: Liezl Luyt (Just Dance), Denise Breytenbach (10), Sizolwethu Ngidi (12), Marilize Griffiths (Dance Domination), Tholoana Mabope (14), Leané de Smidt (15) en Senicia du Toit Breytenbach (Dance Domination); agter: Sedi Mosala (15), Leané Swart (17), Orefile Kgamanyane (14), Anzel Raath (17), Shellie Griffiths (18), Hayley van Wyk (15), Nthati Theko (15) en Milan Brandt (14). Du Toit Breytenbach is as internasionale beoordelaar vir dié kampioenskap gekies en dien in ‘n paneel van 11 beoordelaars van verskeie lande. Meer as 3000 dansers neem jaarliks aan dié wêreldkampioenskapsbyeenkoms deel. Dit word vanjaar in Pole aangebied. Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.