Vrystaters wys hulle het murg in hul pype

Die Vrystaat het geen gelyke wanneer dit by sy pluimbalspelers se prestasies kom nie.


Die Vrystaat het geen gelyke wanneer dit by sy pluimbalspelers se prestasies kom nie.

Dit was duidelik op die Suid-Afrikaanse Pluimbalkampioenskapsbyeenkoms wat van 15 tot 19 Oktober in Kaapstad plaasgevind het.

Die Vrystaatse spelers het al die individuele titels, en boonop die spankompetisie, op ’n drafstap gewen.

Die toernooi het met die individuele kompetisie begin, en soos verwag het die Olimpiese speler van Bloemfontein, Nita Scholtz-Albertse, die vroue enkelspel gewen.

Dit was te verwagte dat sy en haar Vrystaat-spanmaat Megan de Beer die dubbelspeltitel sou verdedig, wat hulle ook gedoen het.

Die mans het nie op hulle laat wag nie, en Caden Kakora het sy eerste Suid-Afrikaanse enkelspeltitel gewen.

Robert Summers het die mansdubbelspel en gemengde dubbelspel gewen. Hy het die titels saam met Dorian James van die Wes-Kaap in die dubbelspel en Anri Schoonees van Stellenbosch in die gemengde dubbelspel gewen.

Met die spankompetisie was dit geen verrassing dat die Vrystaters die ander oorheers en die kompetisie gewen het nie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.