Meer as 30 vrywilligers het gehelp om Kersdag baie spesiaal te maak vir 300 kwesbare mense by Torings van Hoop se jaarlikse Kersfeesdiens.
Ds. De la Harpe le Roux sê hy is baie dankbaar teenoor almal wat voor en op Kersdag tyd opgeoffer het om die geleentheid spesiaal te maak.
“Die dag het met ’n donderstorm begin, maar dit het gou verander in ’n heerlike, sonnige dag. Meer as 30 vrywilligers het dit vir ons moontlik gemaak om ná die gebruiklike Kersdiens in die Tweetoringkerk meer as 300 mense met ’n Kersete en ’n geskenkpak te bedien.”
Le Roux sê alles het perfek uitgewerk.
“Ons is so dankbaar die Here het al ons beplanning en moeite vir die spesiale dag laat werk.”