Ses onderwysers van die Motheo-distrik is Vrydag (18/08) deur die departement van onderwys in die Vrystaat met pryse vereer.
Die hoof van die Martie du Plessis-skool, Francois van Heerden, het die prys vir leierskap in ’n skool met spesiale behoeftes ontvang.
Leandré Steyn, ’n remediërende onderwyser van die Laerskool Willem Postma, het die prys vir uitsonderlike laerskoolonderrig ontvang.
Sunette Wessels, hoof van die plaasskool Gelukwaarts op die plaas Longlead in die Suid-Vrystaat, is as beste onderwyser aangewys.
Redmond Kwababa van die Seithati Primary School in Botshabelo het ’n prys vir leierskap gewen.
Chezel Claassens van die Laerskool Onze Rust is as uitsonderlike gr. R-onderwyser vereer.
Marelize Snyman van die Laerskool Wilgehof is vir die gebruik van tegnologie vereer. – Cheréne Pienaar