Die beste sportlui in die Vrystaat word vanaand in Bloemfontein op die Vrystaatse Sportsterre-toekenningsgeselligheid vereer.

Die geleentheid, wat deur KovsieSport van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en Sentraal24 (waarvan BloemNuus ’n publikasie is) aangebied word, vereer senior sportlui, studente en leerlinge wat in individuele of spansportsoorte uitblink.

Die voormalige Protea-netbalspeler en TV-aanbieder Vanes-Mari du Toit is die programleier, en die voormalige Suid-Afrikaanse skeidsregter en lid van die Springbok-bestuurspan Jaco Peyper is die gasspreker.

Die wenners sal volgende week in BloemNuus verskyn.


Lientjie Mentz

You need to be Logged In to leave a comment.