Links is Morton Frost van Denemark wat vir 8 jaar in die jare 1980 die beste pluimbalspeler in die wêreld was. Hy het die Suid-Afrikaanse span van 2001 tot 2004 afgerig en is die kommentator vir die pluimbal op die spele. Van links is Nita Scholtz, Caden Kakora en Robert Summers. Foto: Verskaf


Drie van Vrystaat Pluimbal se topspelers ding nou tydens die Statebondspele in Birmingham, Engeland, in die Suid-Afrikaanse span mee.

Verlede jaar was ’n uitstekende jaar vir Vrystaat Pluimbalveral wat internasionale toernooie aanbetref. Verskeie spelers het vir Suid-Afrika gespeel en internasionaal deelgeneem en ook internasionale titels verwerf.

Die Vrystaatspan met Nita Scholtz, Caden Kakora en Robert Summers het verlede jaar die nasionale kampioenskap oorheers.

Vanjaar is ’n belangrike jaar vir die topspelers in die Vrystaat om na die volgende vlak te beweeg, ook die Statebondspele is ’n baie belangrike toernooi om juisdie groei te meet en dan te bepaal wat die volgende groeistappe moet wees, want al het hulle so goed presteer in 2021, is hulle nog almal baie jonk. Nita is die oudste as 22 jarige, Robert is 19 en Caden maar net 18.

Die kompetisie om die Statebondspelespan te haal is baie sterk, want die Suid-Afrikaanse Sport­konfederasie en Olimpiese Komitee (Sascoc) het slegs vyf plekke vir die span en dit is mans en vroue goedgekeur. Die spelers moes dus regtig hard werk vir hul plekke, maar dieverligting was groot toe die drie Vrystaters hul plek verseker het.

Hulle het reeds op 15 Julie in Gauteng vir ’n oefenkamp saamgekom en daarna na Nottingham in Engeland vertrek om daarverder te oefen en oefenwedstrydevoor die spelete speel.

Die harde oefening het inderdaad vrugte afgewerp, want die spele vir pluimbal het met die spankompetisie op die openingsdag begin – en dié span het die eerste Suid-Afrikaanse span geword wat vir die kwart­eindstryd kon kwalifiseer.

Die span het egter teen Indië, watdie verdedigende kampioen, vasgevalis.

In die groepwedstryde kon die Suid-Afrikaners met Jamaika en Zambië afreken, maar hulle het teen Maleisië, wat hulle dus tweede laat kom het in die groep en wel kon kwalifiseer vir die kwart-eindronde verloor.

Die individuele kompetisie het Woensdag (03/08) begin en duur tot Maandag.

You need to be Logged In to leave a comment.