VS spog met beste dokter

Dr. Nicholas Pearce van die Universitas- Akadamiese Hospitaal en hoof van dié hospitaal se Covid-19-eenheid, is tydens die departement van openbare dienste en administrasie se Batho Pele-eerbewyse as Dokter van die Jaar aangewys.

Hy deel die eerbewys met dr. Phetho Mashaole Mangena van die Mangweng-hospitaal in Limpopo.

Die eerbewyse is Vrydag 25 Maart by die Birchwood-hotel in Ekurhuleni oorhandig.

Vrystaatse LUR vir gesondheid, Montseng Tsiu, het by die geleentheid gesê haar span het welverdiende erkenning gekry vir die groot werk wat hulle verrig in die stryd teen Covid-19.

Mondli Mvambi, woordvoerder van die departement gesondheid, sê die eerbewys volg op twee geleenthede waarna pres. Cyril Ramaphosa verwys het na die uitstekende diens wat in die Vrystaat verrig word om mense teen Covid-19 te beskerm.

Meer as 1.9 miljoen dosisse entstof teen Covid-19 is al in die provinsie toegedien en meer as 1.4 miljoen mense is al ten volle ingeënt.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.