Vullisverwydering weer op dreef

Nadat werk by die noordelike stortingsterrein onlangs tot stilstand gekom het, is werk om vullis te verwerk weer die naweek voortgesit en teen Maandag (27/06) is die terrein weer vir die publiek geopen.


Nadat werk by die noordelike stortingsterrein onlangs tot stilstand gekom het, is werk om vullis te verwerk weer die naweek voortgesit en teen Maandag (27/06) is die terrein weer vir die publiek geopen.

Vullisverwydering in die noorde het ook sedert Maandag begin normaliseer met vier vullisverwyderingsvoertuie wat in gebruik is nadat daar vir ’n lang tyd net twee beskikbaar was.

Volgens ’n verklaring van die DA se Mangaung-koukus het hulle inligting ontvang dat daar nou aandag gegee word aan die stelselmatige skoonmaak van gedeeltes waar lanklaas vullis verwyder is.

Qondile Khedama, woordvoerder van die metro, het verlede week aan Bloemnuus gesê die vloot vullisverwyderingsvoertuie word herstel en dat gewerk word aan ’n skofstelsel om dienslewering te verbeter.

Die uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro, Mxolisi Siyonzana, het ook Maandag munisipale arbeiders sowel as die werkers wat deel vorm van die openbare indiensnemingsprogram (PEP), byeengeroep om ’n groot skoonmaak-aksie in Bloemfontein se middestad te onderneem. Die 1 500 tydelike werknemers se kontrakte strek tot einde Junie. Hulle het die afgelope tyd oor die stad heen skoon gemaak, onder meer in die Heidedal-begraafplaas en die Suidpark-begraafplaas.

  • Maandag se skoonmaak-aksie het begin by Hertzogplein en is na ander dele van die middestad uitgebrei. Die metro se begroting soos voorgestel deur die ANC-beheerde plaaslike regering vir die 2022-’23-geldjaar, is Woensdag (22/06) op ’n raadsvergadering goedgekeur. Dit kom nadat die begroting twee keer weens te min stemme deur raadslede nie goedgekeur is nie. Talle opposisiepartye is ontevrede met die begroting wat volgens hulle nie dienslewering gaan bevorder en die metro se werkverrigting gaan verbeter nie.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.